Evo Morales

Evo Morales
Evo Morales

80ste President van Bolivië
Ampstermyn
22 Januarie 2006 – 10 November 2019
Vise Álvaro García Linera
Voorafgegaan deur Eduardo Rodríguez
Opgevolg deur Adriana Salvatierra (waarnemend vir een dag),
Jeanine Áñez

Leier van die Beweging vir Sosialisme
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Januarie 1998
Voorafgegaan deur Nuwe amp

Persoonlike besonderhede
Gebore 26 Oktober 1959 (1959-10-26)
Isallawi, Bolivië
Politieke party Beweging vir Sosialisme
Kind(ers) Eva Liz
Álvaro
Ernesto Fidel
Religie Pachamama-geloof en Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Juan Evo Morales Ayma (gebore 26 Oktober 1959 in Isallawi, Cantón Orinoca, departement Oruro, Bolivië) is 'n Boliviaanse politikus wat van 2006 tot 2019 as 80ste president van Bolivië gedien het. Buitendien was hy leier van die sosialistiese party Movimiento al Socialismo (MAS) en die beweging vir die regte van Koka-boere (die sogenaamde Cocalero).

Met sy oorwinning van 54 persent van die stemtotaal was Evo Morales veel duideliker as verwag die mees gekose kandidaat in die presidentskapsverkiesing van 18 Desember 2005. Hy word daardeur die eerste etnies inheemse staatshoof van Bolivië en bekom ook die mees beduidendste verkiesingsoorwinning sedert die einde van die laaste militêrregering in 1982. By die presidentsverkiesing van Desember 2009 oortref hy die vorige uitslag van 2005 met 'n stempersentasie van 64 persent. Na die betwiste verkiesing in 2019 en die daaropvolgende onrus, het Morales ingestem om sy bedanking as president in te dien. Na 'n tydelike ballingskap keer hy terug na die verkiesing van president Luis Arce.

Morales se kenteken is sy Chompa en die graag daaroor gewerfde Chamarra baadjie, dié hy onder misagting van diplomatiese protokolle ook tydens sy eerste amptelike wêreldreise na staatshoofte gedra het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search